Главная / Категории / Любовные романы / Короткие любовные романы

Schalkie van Wyk Keur 6. Schalkie van Wyk

Купить Schalkie van Wyk Keur 6
  • Тип: Текст
  • Автор: Schalkie van Wyk
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624050247
  • Страниц: 646
  • Язык: Африкаанс
1062.98 руб.
Отложить

In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die re?nboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by ’n “Engelse offisier” . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees? In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda ’n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.

Рады Вам также предложить