Главная / Категории / Современная проза / Историческая литература

Verliesfontein. Karel Schoeman

Купить Verliesfontein
  • Тип: Текст
  • Автор: Karel Schoeman
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780798167475
  • Страниц: 392
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan die woord is ’n skrywer-verteller, ’n historikus in die hede op soek na ’n spesifieke dorpie in die Kaapkolonie wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Vrystaatse kommando ingeval is. Die aanvanklike fokus van sy navorsing is die Kaapse rebel Giel Fourie, maar deur die herinneringe van drie karakters uit die verlede verskuif die fokus geleidelik na die bruin man Adam Balie wat deur die Boeremagte doodgeskiet is. Die drie “stemme” is di? van Alice, ’n Skotse meisie wie se pa die magistraat was, Kallie, die magistraatsklerk, en Miss Godby, die dokter se suster.

Рады Вам также предложить