Главная / Категории / Публицистика / Публицистика: прочее

Stoffel in Afrika. Christiaan Bakkes

Купить Stoffel in Afrika
  • Тип: Текст
  • Автор: Christiaan Bakkes
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780798153287
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kli?nte op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroe? jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere – wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!

Рады Вам также предложить