Главная / Категории / Современная проза / Контркультура

Die skrywer. Esta Steyn

Купить Die skrywer
  • Тип: Текст
  • Автор: Esta Steyn
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624054429
  • Страниц: 204
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Op ’n stil aand, in ’n herehuis langs ’n meer, dans ’n jong vrou in ’n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington – befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed. Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en wroegend oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g’n huishoudster is nie, maar ’n joernalis en ’n sendelingdogter uit Afrika. Dat hy haar lank gelede d??r ontmoet het . . . Daar is ’n somber rede waarom Ben haar hart nie blootl? nie, maar eerder saans haar eie verhaal skryf: van die Swahili-wiegelied wat haar kleintyd getroos het, die wyse Kepo wat haar leer boogskiet het, van Paka, haar grootmaakleeu, en van haar en Kepo en dokter Catherine Dumay se ylingse vlug na Bulungwi . . . Slegs Jameson, opsigter by Addington, en sy “Lucy-lief’’ begryp. Hulle word haar vertrouelinge en wakende engele. Wanneer Arthur gehawend terugkeer n? ’n reis deur Afrika, vind hy in sy lessenaar ’n manuskrip wat sy lewe sal verander en hom sy skeppende krag teruggee: Anabella se Afrika-testament. Die Skrywer is ’n aangrypende, eg menslike verhaal met dramatiese Afrika-uitlopers.

Рады Вам также предложить