Главная / Категории / Детские книги / Учебная литература

Die Pro. Leon de Villiers

Купить Die Pro
  • Тип: Текст
  • Автор: Leon de Villiers
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624076544
  • Страниц: 111
  • Язык: Африкаанс
686.28 руб.
Отложить

Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe di? vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie ’n wet wat s? ’n mens m??t elke dag in die see l? net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou. Met Dirkie was dit anders. Hulle twee kon net sowel verlede jaar die skool gelos en heeldag by die see rondgehang het. Wat het al daardie skoolgaan Dirkie in elk geval gebaat? Sy lewe sou baie meer beteken het as hy liewer die poele bekyk het as om hom moeg te leer aan Wiskunde en sulke snert. En toe drop hy hom. Dirkie, die ou wat altyd vir die grootste golwe kans gesien het, Dirkie, sy beste pel, drop hom solied. En hy wat Tiaan is, bly alleen agter om te verduidelik.

Рады Вам также предложить